Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

VIDEO: “Vermoorde” Bergsig ma begrawe
Shakira Links se liggaam is in haar huis gevind. Foto: Verskaf

Die 20-jarige ma wat vermoedelik in haar huis vermoor is, is verlede Saterdag vanuit die VGK Kerk op Bergsig, begrawe.

Shakira Links se liggaam is op Saterdag, 23 November dood in haar huis aangetref.

Luidens berigte is sy ontdek met haar gesig in ’n bebloede bad water.

Die polisie het in ’n verklaring gesê niemand is nog vir haar beweerde moord in hegtenis geneem nie – en die polisie wou ook nog nie vuilspel bekendmaak nie.

’n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het vroeër gevra dat mense nie moet spekuleer nie, siende dit die ondersoekproses kan skaad.

Maar vurige sleutelbordkrygers het hul misnoë na sosiale media geneem  en Links se “moord” ten sterkste veroordeel.

Die tv- en radio persoonlikheid, Lyntjie Jaars het in ‘n video-opname gesê die 16 Dae van Aktivisme-veldtog, geloots teen geweld teen vroue en kinders, is ‘n absolute klug.

“Ons benodig 365 dae van geen geweld teen vroue en kinders,” het Jaars gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES