Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: Hoë Noord-Kaap staatsmanne in hof vir R700 miljoen bedrog
illustrasie foto: Jason Milford

Verskeie voormalige grootkoppe van staatsdepartemente in die Noord-Kaap en die Trifecta-groep het vandag vlugtig in die Kimberley streekhof verskyn, glo vir bedrog.

Die polisie se georganiseerde misdaad-eenheid, die Valke, het onthul dat die spul glo verbind word met bykans R700 miljoen se bedrog en die oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur.

Die voormalige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (SASSA) Edward Fezile Makiwane (62), die voormalige departementshoof vir sport, kuns en kultuur Henry Herman Esau (52), die voormalige departementshoof van landbou, Wonder Dimakatso Mothibi (57) en die Trifecta-groep was in die hof.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Kolonel Katlego Mogale het gesê na bewering het die Trifecta-groep in Maart 2006 kontrakte verkry deur invloedryke regeringsamptenare.

“Die maatskappy het koerse opgeblaas en buitengewoon hoë tariewe gehef op ‘n perseel wat hulle aan staatsdepartemente verhuur het,” het Mogale gesê.

Sy sê omkoopgeld is betaal om te verseker dat die maandelikse huurgeld betyds betaal word sonder behoorlike fakture en ook om herstelwerk aan die gebou te onderdruk.

Volgens Mogale is die verdagtes gedurende November 2019 met dagvaardings bedien en die waarde van die kontrakte wat ondersoek word, beloop ongeveer R700 miljoen.

“Daar word verwag dat alle verdagtes op 17 Februarie 2020 weer in dieselfde hof sal wees,” het Mogale gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *