Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Moordbeskuldigde in hof oor opgekapte vrou
Shandoline Jonkers van Keimoes se liggaam was opgekap en in 'n puttoilet gevind. Foto: Facebook.

Die moordbeskuldigde van die wrede moord op die 19-jarige Shandoline Jonkers van Keimoes, het gister in die landdroshof verskyn.

Rodian Williams (25) word daarvan beskuldig dat hy Jonkers se liggaam opgekap en in ‘n puttoilet gegooi het.

Volgens media berigte is Jonkers se nek eers glo gebreek voordat haar liggaam in stukkies opgekap is.

Ook, dat die sinkhuis waar die puttoilet staan, aan Williams behoort.

Williams sal weer op 2 Maart 2020 in die hof verskyn.

Jonkers het ‘n vier-jarige dogtertjie wat tans in familie se sorg is.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES