Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Port Nolloth roof-verdagtes bly in aanhouding
Illustrasie foto: David von Diemar on Unsplash

Die twee verdagtes wat met die gewande rooftog van ’n supermark op Port Nolloth, het vandag in die Springbok landdroshof verskyn.

Een van die verdagtes is ’n buitelandse burger.

Die derde verdagte kon egter nog nie in die hof verskyn nie weens ’n skietwond wat in die hospitaal behandel word.

Radio NFM Nuus het vroeër berig dat die verdagte glo ’n polisiebeampte met ’n mes wou aanval toe die vermeende rowers op heterdaad betrap was.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisiebeampte het die verdagte in die arm geskiet.

Die beseerde verdagte luidens polisieverklarings, was eers opgeneem in die Dr. Izak van Niekerk hospitaal opgeneem, maar is later oorgeplaas na ’n hospitaal in Bloemfontein vir verdere mediese sorg.

Hy bly steeds onder polisiebewaking.

Die verdagtes bly in aanhouding en sal weer op 17 Desember in die hof op Port Nolloth verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *