Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: Pa steek sewe-maande oue seuntjie met mes dood
Illustrasie foto: Irina Murza on Unsplash

’n 43-Jarige man op Loeriesfontein het glo gister sy sewe-maande oue baba-seuntjie met ’n mes doodgesteek.

’n Polisiewoordvoerder, Brigadier Mohale Ramatseba, het die voorval bevestig.

Na bewering het die man, wat van sy vrou vervreemd is, sy twee kinders geneem en geweier om hulle aan die ma terug te gee.

Volgens Ramatseba is die ma in besit van ’n hofbevel wat haar as die wettige voog van die kinders verklaar.

Ramatseba het gesê die man het glo die baba gesteek voordat hy die mes op homself gerig het.

“Die baba is op die toneel dood verklaar en die verdagte is tans in die hospitaal onder polisiebewaking,” het Ramatseba gesê.

Ramatseba sê die provinsiale kommissaris Luitenant-Generaal Risimati Shivuri het die voorval in die sterkste moontlike terme veroordeel.

Die pa sal na verwagting op aanklag van moord teregstaan ​​sodra hy herstel het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *