Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

OPVOLG: Nege-jarige in Voortrekkerstraat deur voertuig getref
Die ongelukstoneel in Voortrekkerstraat op Springbok. Foto: Verskaf

Die Springbok polisie ondersoek ‘n voorval van roekelose en nalatige bestuur nadat ‘n ongeluk Dinsdag-middag in Voortrekkerstraat op die dorp afgespeel het.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het die voorval bevestig.

Ramatseba sê na bewering is ‘n negejarige seun deur deur ‘n voertuig getref.

“Die slagoffer het ligte beserings opgedoen en is na die hospitaal vervoer.”

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES