Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gemeenskappe soek geregtigheid vir Konstabel Stefano Visagie
Die gemeenskap op Keimoes en Upington wil geregtigheid laat seëvier vir die moord op Konstabel Stefano Visagie. Fotos: Facebook.

Die Keimoes en Upington-gemeenskappe is daarop uit om geregtigheid vir die vermoorde polisiekonstabel, Stefano Visagie laat seëvier.

Dit kom nadat Visagie met ’n enkele steekwond in sy bors op die oggend van 8 Januarie ontdek is – en reeds aan sy wond beswyk het.

Luidens ’n verklaring wat deur die polisie uitgereik is, was Visagie in ’n rusie met ’n buitelander wat later as die moordverdagte geïdentifiseer is.

Die polisie het die verdagte op 9 Januarie in Krugersdorp opgespoor.

Menigte buitelandse burgers wat in Noord-Kaapse dorpe woon is gedurende verlede week in die pad gesteek ná die moord op ’n polisieman op Keimoes.

Inwoners op Keimoes en Upington is vasbeslote om ontslae te raak van buitelandse burgers wat die gemeenskap as dwelmsmouse op die dorp geïdentifiseer het.

Die gemeenskap het reeds skouer aan die wiel gesit met ’n veldtog om buitelandse inwoners se gasvryheidsvoorregte in die dorp te herroep.

Luidens sosiale media inskrywings, is sowat 20 buitelanders reeds die pad aangewys.

Sleutelbordkrygers het laat hoor dat verskeie buitelanders glo in aanhouding geplaas is omdat hulle na bewering nie dokumente kon lewer om in die land te wees nie.

“Ons kan nie toelaat dat buitelanders kom maak soos hulle wil in ons land nie en nog daarmee wegkom nie.”

Intussen het inwoners na die Keimoes landdroshof opgeruk waar die moordbeskuldigde vandag sy eerste hofverskyning gemaak het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES