Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kuruman polisie boei gewetenlose skurk
saps.gov.za

‘n 26-Jarige vrou van Kuruman was oor die naweek die slagoffer van ‘n gewentelose skurk wat haar met ‘n mes gedreig, en toe beroof het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die polisie op die dorp het die verdagte binne ‘n uur opgespoor en in hegtenis geneem.

“Alle gesteelde items was in die besit van die 20-jarige verdagte gekry en gekonfiskeer,” het Ramatseba gesê.

Die verdagte sal vandag voor die landdroshof op Kuruman verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES