Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
OPVOLG: Noord-Kaap ANC ‘hartseer’ oor ongeluk wat polisieman se lewe geeïs het
Die bus wat 55 passasiers van die Kamiesberg-streek vervoer het sowel as die ligte voertuig, het in die voorval uitgebrand. Foto: Verskaf.

Die ANC se sekretaris in die Noord-Kaap, Deshi Ngxanga sê dit is met leedwese dat die organisasie verneem het van die afgryslike ongeluk, waarin ‘n polisiebeampte gedood het.

Die oorledene is geïdentifiseer as adjudant-offisier Stefanus van Rooy van die Upington polisie.

Die Rosedale polisie se Kaptein Gerrit Mouton het bevestig dat ‘n bus en ‘n ligte voertuig verlede Saterdag in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was, waarby beide voertuie uitgebrand het.

Ngxanga het gesê die bus was onderweg na die Namakwa-streek vanaf Kimberley na die 108ste bestaansjaarvieringe van die ANC.

“Ek was met die streekleierskap op die toneel en kon daarin geslaag om te verseker dat diegene wat ligte beserings opgedoen het, na die Harry Surtie-hospitaal op Upington mediese behandeling ontvang,” het Ngxanga gesê.

Hy sê almal is by oornag fasiliteite ingeboek totdat hulle die volgende terug Namakwaland toe kon gaan.

“Ons innige meegevoel aan die familie en vriende van die bestuurder van die ander voertuig wat tydens die ongeluk omgekom en wens diegene wat beserings opgedoen het, ‘n spoedige herstel toe.”

Ngxanga het verder gesê hulle gaan binnekort ‘n besoek aflê aan van Rooy se familie om hul medelye te betoon.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES