Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Vroue-operateur dood in mynongeluk op Aggeneys

Venessa Plagg, ‘n mynoperateur by die Deeps Shaft van die Black Mountain myn op Aggeneys is dood nadat sy gewond is in ‘n geïsoleerde grondval wat Vrydag omstreeks 23:00 op vlak 49 plaasgevind het.

Alle produksie by die Deeps-operasie is intussen opgeskort.

Die departement van minerale bronne en energie is in kennis gestel en  die departement se hoofinspekteur van myne vir die Noord-Kaap het Saterdag by die bestuur en vakbonde aangesluit vir ‘n ondergrondse terreininspeksie.

Die uitvoerende hoof vir Vedanta Zinc International, Deshnee Naidoo het gesê hulle is hartseer oor die tragiese verlies.

“Ons wil ook graag ons innige meegevoel aan haar eggenoot en hul twee dogters betuig. Ons bied al ons ondersteuning aan die familielede en vriende van die oorledene gedurende hierdie verskriklike tyd van rou. ” het Naidoo gesê.”

VZI werk saam met die departement aan die opheffing van die voorwaardes rakende artikel 54-kennisgewing wat uitgereik is ingevolge die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *