Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

ONS IS EEN MILJOEN “STAYERS”!
Foto: Facebook

Jarette Petzer is ’n Suid Afrikaanse burger wat verlede jaar ’n blad op Facebook gestig het met die doel om positiwiteit in die land te bevorder.

Die #Imstaying blad het onlangs een miljoen volgelinge behaal.

Petzer het verlede jaar ‘n inskrywing op die sosiale media platform gemaak en gesê dat dit ’n mylpaal is vir alle Suid-Afrikaners.

Volgens hom moet dit spreek as ‘n metafoor vir #ImStaying: “Die volk se wil is en sal altyd die enigste ware mag van enige volk wees … Voordat ons waarlik vry kan wees, moet ons ons gedagtes bevry van die idee dat ons redding in die hande van ‘n paar rus.”

Suid Afrikaners het ’n verantwoordelikheid teenoor hulself – om liefde van binne te kweek en te versprei sodat liefde ontvang en gevoel kan word.

Burgers moet dan ook die nodige stappe te neem om die Republiek van Suid-Afrika te bevry van die magte wat so lank probeer het om die land te verdeel.

Die wêreld herinner ons elke dag daaraan dat dit net een mens nodig het om ’n positiewe verandering te maak.

“Dit neem een vrou, een man, een kind, om op te staan en uit te praat. Een! Stel jou voor wat EEN MILJOENE van ons hier, nou, in hierdie tyd kan doen? ”, sê Petzer.

Volgens Petzer is al wat nodig is om ’n verandering te maak, dapperheid om hande te vat, haat uit te sluit en mekaar te bemoedig om ons land, een manjifieke nasie te maak.

‘n Land van melk en heuning.

’n Nasie wat aanhou en uithou, totdat drome waar word.

’n Land vrywaar van diskriminasie, waar almal toegang het tot dieselfde voordele en geleenthede.

’n Nasie waar kinders vry, veilig en hulself kan wees.

’n Land waar ons in vrede met mekaar kan saamleef.

Op hierdie welbekende blad, doen Suid-Afrikaners daagliks inskrywings oor die goeie dinge wat hulle doen en ervaar in die land.

“Stayers”, soos die groeplede uitgeken word, implementeer dikwels uitdagings wat ’n positiewe uitwerking op iemand se lewe kan he. Een voorbeeld van die uitdagings was die #100%challenge, waar “Stayers” aangemoedig was om hul kelner of kelnerin een-honderd persent te vergoed met dieselfde bedrag as die resturante-rekening.

Hierdie uitdaging het groot reaksie ontlok tydens die 2019-feesseisoen, en “Stayers” het glad nie geskroom om hul dank teenoor dienslewering te betoon nie.

Die groep het ook uiteindelik ten doel om die wereld te wys waartoe Suid-Afrikaners in staat is as dit kom by die gees van Ubuntu.

Die groep verseker lig en nie duisternis nie, liefde en nie haat nie.

Suid-Afrikaners word aangemoedig om aan te sluit by hierdie beweging om ’n positiewe rippel-effek na die uithoeke van die wereld te verseker.

#Imstaying

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES