Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Twee mans vas vir poging tot omkopery van polisie offisiere
saps.gov.za

Twee mans van 33- en 40-jaar oud is Maandag in hegtenis geneem toe hulle twee polisie offisiere met R2000 wou omkoop.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê dit kom nadat die polisie vermoedelik gesteelde diesel in hul besit van ongeveer R25 000 gekry het.

Ramatseba het gesê twee polisie offisiere van die Kathu polisie was op patrollie op die N14-pad toe hulle die twee mans in ‘n Nissan gewaar het.

“Die voertuig was deursoek en die polisie het beslag gelê op die diesel nadat die verdagtes nie ‘n definitiewe verduideliking kon gee oor waar dit vandaan kom nie,” het Ramatseba gesê.

Ramatseba sê die verdagtes wou egter die polisie offisiere R2000 se omkoopgeld aanbied.

Die twee verdagtes sal binnekort voor die landdroshof op Kathu verskyn vir die vermoedelike gesteelde diesel en poging tot omkopery.

Die polisie waarsku ook misdadigers wat beamptes wil omkoop,- dat hulle in groot moeilikheid kan beland.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *