Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Beweerde moordenaars oorhandig hulself oor aan polisie
Image: saps.gov.za

Twee verdagtes is weens moord gearresteer en het vandag voor die landdroshof op Upington verskyn.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die twee is glo deel van ‘n groep van drie mans wat op Donderdag, 12 Desember 2019 ‘n buitelander van Lesotho in Paballelo vermoor het.

Die motief is nog nie vasgestel nie.

Ramatseba het gesê op Maandag 13 Januarie 2020 het die twee verdagtes hulself aan die polisie oorgegee en is in hegtenis geneem.

“Hulle sal waarskynlik in aanhouding bly, omdat die staat die borgtog sal teenstaan omdat hulle ‘n vlugrisiko is. Die ondersoek in die saak fokus ook op die arrestasie van die ander verdagte,” sê Ramatseba.

“Ons sal geen steen onaangeroer laat, om te verseker dat diegene wat hierdie gruwelike daad gepleeg het, opgespoor en gearresteer is nie,” het die provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Risimati Shivuri gesê.

Shivuri het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en om saam met die polisie te werk om diegene wat hierdie gruwelike dade pleeg, te identifiseer.

Lede van die gemeenskap wat inligting het wat tot die arrestasie van die ander verdagte kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte te kontak by: 082 469 5824, – of die Misdaadnommer by: 08600 10111 te skakel. Alternatiewelik kan anonieme inligting ook op die MYSAPS-program deurgegee word.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *