Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

GALLERY: FJ Smit Gekombineerde skool op Komaggas gerat vir 2020

Die tyd het aangebreek vir skoliere om te begin met die 2020 akedemiese skooljaar. Laer- en Hoërskole regoor die land het gister amptelik geopen.

Radio NFM het op hierdie eerste dag van die F.J. Smit Gekombineerde Skool op Kommagas besoek.

Leerders, onderwysers en ouers by die skool op Kommagas was ywerig om die nuwe skooljaar te begin.

Die entosiasme het veral hoog geloop onder die nuwe matrieks, Graad 8- en die kostelike Graad R leerders.

Die skoolbestuurder, Clarence Esau het met die skool se besonderse prestasies gespog van die vorige jare.

Oud-onderwysers, het soos in egte Kommagas-tradisie ook die eerste dag van die nuwe skooljaar bygewoon.

Die skool is daartoe verbind om ten alle tye  daarna te streef om goeie verhoudinge met ouers, die skoolbeheerliggaam asook die departement van basiese onderwys te bou.

Die oud-onderwysers het die eerste dag bygewoon as ‘n gebaar van ondersteuning en voorspoed.

Die kleuters was almal netjies in hul splinternuwe uniforms en die nuwe Graad Een leerders is opgewonde om hul nuwe skool-loopbaan aan te durf.

Vanjaar se matrieks is ook verheug dat hulle kon begin met die einde van hul skoolloopbane. Esau het in sy toespraak gesê die klas van 2019 het goeie dissipline tydens eksamentye handhaaf het en hoop dat die klas van 2020 dit sal volg.

 

 

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *