Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Springbok bejaarde man in hof vir dwelmhandel
saps.gov.za

Twee mans is onlangs op Springbok in hegtenis geneem in twee afsonderlike gevalle toe die polisie bykans R30 000 se dwelms in hul besit gevind het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het gesê die Springbok-speurtak het ‘n 19-jarige verdagte man opgemerk en hom deursoek en sowat 800g se dagga op hom gevind.

Die Dagga het ‘n straatwaarde van sowat R4000 gehad en die verdagte is aangekla vir die onwettige besit van dwelms.

Tydens ‘n soortgelyke optrede is inligting ontvang waartydens die Springbok-speurders, die honde-eenheid en openbare orde-polisiëring op ‘n huis toegesak het en beslag gelê op 16,510 kg dagga en 10 strooitjies tik ter waarde van R24 765.

‘n 66-Jarige man is in dié verband in hegtenis geneem en aangekla vir die hantering van dagga en dwelms.

Die verdagte het reeds in die Springbok-landdroshof verskyn.

Die polisiegroep se bevelvoerder van die Namakwa distrik, Brigadier Francois Hender het die polisie geprys en die gemeenskap bedank vir hul hulp in die verband.

Please follow and like us:
error
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *