Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Springbok polisie-egpaar geboei vir bedrog – “dwarsboming van die gereg”
Illustrasie foto: Rob Wingate on Unsplash

Die polisie se Valke-eenheid het onlangs ‘n polisie-egpaar op Springbok in hegtenis geneem, glo omdat die twee sedert 2019 diesel vanuit polisie-voertuie gesteel het.

Konstabels Warren Le-roy Mentoor (38) en Laurice Anegrid Mentoor het Maandag vlugtig in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklagtes van diefstal, bedrog, korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder vir die polisie het die voorval en inhegtenisneming bevestig.

Mnisi het laat blyk dat inligting is ontvang oor die twee polisiebeamptes wat na bewering sedert Julie 2019 diesel uit polisievoertuie steel.

Albei verdagtes is Sondag in hegtenis geneem na ‘n inligtingsgedrewe operasie wat uitgevoer is deur die Valke se ernstige georganiseerde misdaad ondersoekspan en die openbare orde polisiëring van die Namakwa-polisiegroep.

Die polisie het die volgende gekonfiskeer: 20 liter dieselhouer, ‘n rubberpyp en sewe leë 2-liter-bottels.

Die twee is op eie verantwoordelikheid met ‘n waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 26 Februarie 2020 uitgestel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES