Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Drie uit vyf gevonnis vir verkragting
Image: saps.gov.za

Drie mans is gister gevonnis in die Hanover-landdroshof vir die verkragting van ‘n 23-jarige vrou op 21 Oktober 2017.

Twee minderjarige tienerseuns moet nog deur die hof gevonnis word vir die verkragting.

Die verkragters is tussen die ouderdomme van 17- en 38-jaar oud.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die slagoffer het op ‘n vriendin by ‘n plaaslike vulstasie gewag, maar het besluit om huistoe te loop toe haar vriendin nie opgedaag het nie.

Dié vyf beskuldigdes het die vrou oorval toe sy oppad was huistoe- en het haar om die beurt verkrag, moes die hof tydens verrigtinge aanhoor.

Die polisie is dadelik in kennis gestel en die vyf is dieselfde dag gearresteer,” het Ramatseba gesê.

Die twee 17-jarige beskuldigdes is borgtog met voorwaardes toegestaan ​​terwyl die drie mans in aanhouding gebly het tot hulvonnisoplegging.

Die beskuldigdes is soos volg deur die Hanover-streekhof gevonnis: Ricardo Arends (19) tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis; David Hendricks (38) lewenslange gevangenisstraf en  Elvis Arends (20) is 20 jaar gevangenisstraf opgelê.

Vonnisoplegging vir die twee jong beskuldigdes word op 02 Maart 2020 gedoen.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES