Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Onderwysdepartement help leerders met spesiale behoeftes
Illustrasie foto: Feliphe Schiarolli

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement kan met die onlangse kwessie van leerdervervoer na skole bevestig dat vervoer vir spesiale skole nie beskikbaar is nie.

“Ons het nie vervoer vir spesiale skole nie, daarom befonds ons skole om self vervoer aan te skaf om leerders met gestremdhede te vervoer,” sê Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die Departement Van Onderwys in die Noord Kaap.

Die Departement oorweeg dit om die leerdervervoer van spesiale skole gedurende die volgende boekjaar in te sluit nadat alle prosesse gevolg is.

Die departement is deur spesiale skole genader om die lopende koste van voertuie wat deur Spesiale Skole besit word, te help, aangesien die toekenning van befondsing vir dienste as onvoldoende beskou is.

‘n Bykomende toewysing van ongeveer 50% van die totale voertuigkoste wat deur spesiale skole aangegaan is, is sedert 2011 deur die departement voorsien as ‘n verligting om die toekenning van dienste te bevorder.

“Ons werk aan ‘n provinsiale spesifieke model om die tekortkominge van spesiale skole aan te spreek ten einde ‘n veilige en betroubare vervoerdiens te lewer,” het van der Merwe gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES