Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Sport en toerisme gee provinsiale ekonomie ’n hupstoot
Illustrasie foto: Alessandro Bogliari op Unsplash

Sports en toerisme het ‘n al hoe belangriker deel van die toerismebedryf in die Noord-Kaap geword en help om die plaaslike ekonomie ‘n hupstoot te gee.

Só het die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Maruping Lekwene gesê tydens die Internasionale Krieketraad (ICC) se onder 19-krieketwêreldbeker wat onlangs in Kimberley plaasgevind het.

Lekwene het gesê dat die toernooi die stad asook die provinsie, in geheel in die kollig geplaas het as ‘n bestemming vir sport en avontuur.

Die stad Kimberley het onlangs nege wedstryde van die Internasionale Krieketraad se onder 19-wêreldkampioenskap aangebied.

Die Kimberley Diamond Oval is gekies as een van die vier sentrums vir die aanbieding van hierdie gesogte byeenkoms en is vereer as die openingswedstryd tussen Suid-Afrika en Afghanistan.

Die internasionale gehoor het ’n blik gekry van wat Kimberley en die omliggende gebiede in die Noord Kaap provinsie kan bied.

Lekwene het ook gesê dat die toerismesektor in die provinsie en plaaslike ondernemings ook tydens die geleentheid groot blootstelling gekry het.

Al die spanlede, ouers en ondersteuners, insluitend die 150 mense wat deel uitmaak van die televisiepersoneel wat verantwoordelik was vir die uitsending van die geleentheid, het van die akkommodasiegeriewe in die stad gebruik gemaak.

Lekwene het bygevoeg dat die byeenkoms ook tydelike werk aan inwoners van die stad bied en ook die toernooi het gesorg dat jeuglede van verskeie landelike gebiede, rondom Kimberley ‘n passie vir die sport ontdek het.

Die toernooi het ook vir bykans 30 tydelike werksgeleenthede vir die duur van die toernooi gesorg.

“Dit is duidelik dat sport en toerisme in die Noord-Kaap teen ‘n buitengewone tempo gegroei het,” het Lekwene afgesluit.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *