Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Korrupsie word aangespreek in Noord-Kaap polisiediens
Image: saps.gov.za

Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Risimati Shivuri het die onlangse vlaag korrupsie wat in die provinsie se polisiediens afspeel, ontmoedig.

Shivuri het in ‘n verklaring gesê lede van die polisiediens moet ten alle tye ‘n goeie voorbeeld wees en hul nie blootstel aan korrupte aktiwiteite nie.

Hierdie verklaring spruit uit talle lopende ondersoeke na sake rakende bedrog en korrupsie waarby lede van die polisie betrokke is.

Die polisie se Valke-eenheid het onlangs ‘n polisie-egpaar op Komaggas in hegtenis geneem, glo omdat die twee sedert 2019 diesel vanuit polisie-voertuie gesteel het.

Konstabels Warren Le-roy Mentoor (38) en Laurice Anegrid Mentoor het Maandag vlugtig in die Springbok-landdroshof verskyn op aanklagtes van diefstal, bedrog, korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Vroeër vandeesmaand het die Noord-Kaapse provinsiale speurders, een van hul eie, ‘n ondersoekbeampte, Kaptein Salmons Gerhardus Esterhuisen, gearresteer en hom op drie klagtes van bedrog aangekla.

Esterhuisen word daarvan beskuldig dat hy die staat vanuit meer as R30 000 bedrieg het. Die ondersoek het aan die lig gebring dat hy meer as een keer kontantvoorskot by die polisie se finansiële kantoor getrek het deur nie-bestaande versoeke om ‘n voorskot in te dien vir ondersoeke nie.

Na sy inhegtenisneming het hy voor die Kimberley-landdroshof verskyn. Na verwagting sal hy op 25 Februarie weer in die beskuldigdebank verskyn, net soos die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.

Shivuri het gesê die polisie het ‘n standpunt ingeneem om beslissend op tree met polisiebeamptes wat teenstrydig is met die wet deur aan kriminele aktiwiteite deel te neem.

“Ons sal voortgaan om lede in hegtenis te neem wat aan kriminele aktiwiteite deelneem,” het Shivuri gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES