Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Okiep verkragter vir 18 jaar agter tralies
Ricardo Magerman (23) van Okiep is tot 18-jaar gevonnis vir verkragting. Foto: Facebook.

’n 23-Jarige verkragter van Okiep is onlangs tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n geestelik-gestremde man verkrag het.

Ricardo Magerman se vonnis is op 28 Januarie in die Springbok-streekhof opgelê, nadat hy op dieselfde dag skuldig bevind is.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock het in ‘n verklaring bevestig die voorval het op 22 Maart 2018 plaasgevind.

Luidens die polisie se verklaring het Magerman sy 23-jarige slagoffer tussen 20:00 en 22:00 op die aand van die voorval  na sy huis op Okiep genooi, onder die voorwendsel dat hulle na films sal kyk.

“Die beskuldigde het die slagoffer gedwing om seksuele dade uit te voer en het toe die man wat geestelik gestrem is, verkrag.”

Die provinsie se hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), Brigadier Nicky Mills, het die ondersoekbeampte Speursersant Bianca Parring van die Springbok se GKS-eenheid bedank vir ’n puik ondersoek.

“Baie dankie dat jy geen klip in dié saak onaangeraak laat lê het nie,” het Mills gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *