Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Trio verskyn in die hof vir die besit van renosterhorings
Illustrasie foto: Geran de Klerk on Unsplash

Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 35 en 42 sal vandag in die Vioolsdrif landdroshof verskyn op klagtes van die onwettige handel in renosterhorings.

Die trio, Tomas Chester Francisco (35), Mateus Betuel Novela (42) en David Betuel Novela (41) het op Maandag, 10 Februarie vlugtig in die hof verskyn op Springbok.

’n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi het die inligting bevestig.

Mnisi het gesê dié tipe oortredings is in stryd met Artikel 57 van die Nasionale Wet op Omgewingsbestuur-Biodiversiteit (Nemba) 57 van 2009.

Die inhegtenisneming het op Vrydag, 7 Februarie plaasgevind nadat die polisie se direktoraat vir prioriteits-misdaadondersoekspan op inligting gereaggeer het.

Die veediefstaleenheid, plaaslike kriminele rekord-sentrum en die Vioolsdrif polisie was ook by die arrestasie betrokke.

“Die inligting wat ontvang was het gelui dat ’n verdagte voertuig sowat 20km buite die Vioolsdrif grenspos gestaan het,” het Mnisi gesê.

Sy sê die polisie het die voertuig deursoek en ’n sak met twee renosterhornings is gevind.

“Die renosterhorings het ’n geraamde waarde van R648 000.”

Die verdagtes het tot dusver in aanhouding gebly en word verwag om vandag voor die landdroshof op Vioolsdrif te verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *