Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Hemelbesem kom vee ‘lekkerkunde’ saam met matrikulante
Hemelbesem saam met Matriekleerders van Hoërskool Nababeep. Foto: Niruscha van Neel

Die rymkletser en skrywer Simon Witbooi, welbekend as Hemelbesem het onlangs weer ‘n draai kom maak in Namakwaland om sy opvoedkundige letterkunde-program aan matrieks aan te bied.

Witbooi, ‘n bekende stem op Radio NFM, en ook verbonde aan die Stellenbosch Universiteit se taalfakulteit is passievol oor die Afrikaanse taal.

Sy entoesiastiese taalprojek behels die sameroeping matrikulante waar hulle dieper kyk na voorgeskrewe gedigte of boeke wat tans in die Afrikaanse onderrig-kurrikulum saamgevat word.

In sy eie woorde sê hy altyd “kom ons maak letterkunde, lekkerkunde.”

Please follow and like us:
Vermaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES