Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

LUISTER: Wêreld Radiodag ’n wêreldwye viering van eenheid
Wêreld Radiodag word jaarliks op 13 Februarie gevier. Foto: Jason Milford

Wêreldradio-dag word jaarliks op 13 Februarie wêreldwyd gevier. Radio is die mees toeganklike media ter wêreld. Radio kan in enige uithoek van die wêreld geluister word.

Verskeie nasionale en internasionale organisasies bied op hierdie dag verskeie programme aan.

Die eerste radio-uitsending in Suid-Afrika was op 18 Desember 1923 in Johannesburg.

Die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese se spore gaan terug na 1923, toe die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) die eerste draadlose uitsending in Johannesburg gedoen het.

Die Reith-ondersoek het tot die stigting van die land se openbare uitsaaier, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), in 1936 gelei.

Die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie (UNESCO) het tydens ’n algemene vergadering in sy 67ste sitting is ’n resolusie aanvaar om Wêreldradiodag op 13 Februarie elke jaar te vier.

Dié dag beklemtoon die unieke krag van radio wat lewens verbind en mense van regoor die wêreld byeenbring.

Die tema van die Wêreld-radiodag is vanjaar ‘Radio and Diversiteit’. Die tema beklemtoon die spesiale waarde van radio in die era van ‘n vinnige media-rewolusie.

Volgens die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het ‘radio ‘n spesiale waarde in elke gemeenskap as ‘n maklike bron van media.’

Die tema beklemtoon ook die feit dat radio sy waarde het in elke godsdiens, streek en taal.

Die Verenigde Nasies het aanvaar dat radio ‘n belangrike rol in enige nood of ramp speel.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *