Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Suid-Afrika maak gereed vir #SONA2020
Cyril Ramaphosa Foto: gov.za

SUID AFRIKA – Suid-Afrikaners is slaggereed om weer vanjaar aandagtig na President Cyril Ramaphosa te luister wanneer hy die Staatsrede vanaand in die parlement in Kaapstad sal lewer.

Die Nasionale Staatsrede, gelewer deur die president van die Republiek van Suid Afrika is ’n jaarlikse geleentheid.

Oor die jare heen het die ritueel van die Staatsrede ontaard in ’n glans geleentheid, waar staatsamptenare hul beste voetjie voorsit. Dit het uiteraard tradisie geword vir die land se besluitnemers om op te daag, geklee in ontwerpersuitrustings en rooisool-stiletto’s.

Vanjaar, soos elke ander jaar, word belangrike figure by die sitting verwag, onder andere; die voormalige president Jacob Zuma, Hoofregter van die Konstitusionele hof Mogoeng Mogoeng, lede van dieSuid Afrikaanse regsbank, die goewerneur van die Reserwe bank, staatsamptenare en mediahuise.

In hierdie gesamentlike sitting van die parlement gaan die president die stand van sake vir Suid-Afrika bekendmaak.

Die toespraak gee ’n aanduiding dat die parlementere jaar ampetlik geopen is

Vanjaar se Staatsrede kom te midde van aangaande beurtkrag, die hoë werkloosheidsyfer, die sukkelende staatsbeheerde entiteite en swak ekonomiese groei.

Die modekeuses op die rooitapyt is gewoonlik wat die aandag van SA-burgers trek, maar daar is baie meer te wagte binne die parlement.

Kenners verwag dat Ramaphosa onder andere gaan praat oor die sukkelende staatsentiteite, Eskom en die Suid Afrikaanse Lugdiens asook die beurtkrag-fases wat na verwagting vir nog 18 maande gaan duur.

Ramaphosa gaan hopelik ook melding maak oor die vlaag van voorvalle van geslagsgebasseerde geweld in die land die afgelope paar maande.

Statistieke Suid Afrika het vroeër vandeesweek die kommerwekkende nasionale werkloosheidsyfer bekendgemaak.

Met die 29%, verwag Suid Afrikaners ’n lig aan die einde van die tonnel, weens ’n gebrek aan werksgeleenthede in die land.

Die ekonomie van Suid Afrika beloof om een van die hoogtepunte vanaand te wees.

Suid Afrikaners verwag van Ramaphosa om ’n haas uit ’n hoed te pluk en om ’n beter toekoms vir alle burgers van die land te verseker

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES