Radio NFM 98.1

Die stem van die Namakwa mense

Okiep sê totsiens aan geliefde inwoner
Esmerelda Essie Boois Foto: Verskaf

“Wanneer Esmerelda Essie Boois gelag het, het haar oë saam met haar gelag en die opgewekte en vriendelike lag kon jy van vêr af uitken.”

Dit is hoe Essie onthou sal word nadat die Okiep gemeenskap moes leer van die skielike afsterwe op 6 Februarie van dié geliefde inwoner.

Geraldine Joseph, ‘n voormalige aanbieder van die kinderprogram op Radio Nfm, Nankiepie, het genoem dat Essie altyd gereed was om te bak en te brou.

“Sy het altyd vir ons lekkernye na die radio toe gebring.”

“Ek het haar [Essie] geken as ‘n liefdevolle persoon, sy het altyd ‘n glimlag op haar gesig gehad en kon nooit kwaad wees vir iemand nie,” het Joseph gesê.

Essie sal verder deur baie onthou word vir die diep spore wat sy getrap het.

Sy word Saterdag, 15 Februarie vanuit die Moria kerk op Okiep begrawe.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *