Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Publieke drinkers se alkohol gekonfiskeer
Boom in Okiep Foto: Denise von Sleight

Plaaslike drinkebroers is glo warm onder die kraag nadat die polisie hul alkohol gekonfiskeer- en uitgegooi het.

Die polisie se eenheid vir sigbare polisiëring het verskeie roetes in die dorpe gefynkam vir enige onreëlmatige bedrywighede.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Adjudant Gerrit Cloete het gesê die drankwet bepaal dat persone nie in die publiek alkohol mag gebruik nie.

Cloete het die publiek aangeraai om nie in die openbaar te drink nie.

“In die eerste plek skep dit nie ‘n goeie indruk nie, daarom vra ons eerder dat die publiek hul alkohol by hul private wonings moet gebruik,” het Cloete gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *