Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Valke vra publiek se hulp om bedrieër op te spoor
Die Valke in die Noord-Kaap is opsoek na Ndivuwo Manyayi vir 'n beweerde bedrogsaak wat deur die Valke ondersoek word. Foto: Verskaf.

NOORD-KAAP – Die Valke in die provinsie het vandeesweek ‘n versoek gerig waarin hulle die publiek se hulp verleen om ‘n vermeende bedrieër op te spoor.

‘n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê hulle vra die publiek se saamewerking om die verdagte te identifiseer.

Mnisi het gesê die klaer in dié verband het die beskuldigde, Ndivuwo Manyayi gedurende Desember 2016 deur ‘n sosiale media platform ontmoet.

Daarna het die twee glo kontakbesonderhede uitgeruil.

Mnisi sê na bewerings het Manyani die klaagster onder ‘n valse voorwendsel geplaas toe hy haar glo gesê het dat hy vir haar ‘n geskenkpakkie vir haar verjaarsdag deur die pos gestuur het.

“In Junie 2017 het die klaer ‘n e-pos ontvang wat lyk asof dit vanaf die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gestuur is.

Volgens die e-pos moes die klaer ‘n boete van R1,5 miljoen betaal, aangesien haar geskenkpakkie glo geskandeer is en dit ‘n groot hoeveelheid buitelandse valuta bevat.

“Sy het later haar vriend geraadpleeg en sy is aangeraai om R500 000 aan hom oor te betaal en hy sal die oorblywende bedrag betaal.”

Mnisi sê nadat die klaagster die geld oorbetaal het, het sy nie die geskenk ontvang soos aan haar belowe was nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES