Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Daniëlskuil-man in hof glo vir verkragting van 4-jarige peuter
Illustrasie foto: Annie Spratt on Unsplash.

’n 26-Jarige man op Daniëlskuil sal na verwagting vandag voor die landdroshof verskyn nadat hy glo 4-jarige peuter verkrag het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant-Kolonel Dimakatso Mooi het gesê die voorval is Saterdag, 22 Februarie by die polisie aangemeld.

“Die 4-jarige meisie en die beskuldigde woon in een huis en is familie van mekaar,” het Mooi gesê.

Mooi het gesê die verdagte sal voor die Postmasburg landdroshof verskyn.

 

Stuur enige nuuswenke via ons WhatsApp na: 082 494 1361

Volg ons ook op Facebook en Twitter

Radio NFM Nuus (https://radionfm.co.za/)

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES