Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Valke boei 63-jarige man vir R1.5m bedrog

Die Valke se eenheid vir korrupsie- en ernstige misdrywes in die Noord-Kaap het ’n 63-jarige verdagte man in hegtenis geneem vir beweerde bedrog, korrupsie en meineed.

Na bewering het die verdagte hom voorgedoen as ’n gemagtigde verteenwoordiger van Theta Mining (Pty) Ltd en het die departement van minerale en energie vanuit R1.5 mijoen gekul.

’n Provinsiale woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi het gesê blykbaar sou Theta Mining (Edms) Limited besluit om ’n kontrak met Els Sand en Grondverskuiwing CC te onderteken, waar laasgenoemde hom voorgedoen het as ’n afgevaardigde om alle prospekteeraktiwiteite by Droogte Veld in Barkly-Wes sou doen.

Mnisi sê volgens die verdagte, het die Vaalbos Community Trust, sy trustees en of sy direkteure hom die magtiging gegee om namens die trust ’n ooreenkoms met Els Sand en Grondverskuiwing CC te sluit, om eksplorasie- en of myn aktiwiteite by Droogte Veld uit te voer.

“Die verdagte is ’n werknemer van Theta mining en ‘n kurator van die Vaalbos Community Trust. Hy het onwettig en opsetlik R1,5 miljoen en ’n maatskappy-voertuig van Els Sand en Grondverskuiwing gebruik. Ook het hy die mandaat van die Vaalbos Community Trust om alleenreg te bekom om prospekteeraktiwiteite en mynbou by Drooge Veldt uit te voer, onder valse voorwendsels gedoen.”

Mnisi sê die beskuldigde het ook ‘n vals verklaring by die polisie in April 2009 afgelê terwyl die ondersoekproses nog aan die gang was.

“Terwyl die ondersoeke op daardie stadium voortgeduur het, het die Valke gedurende April 2009 in ’n beëdigde verklaring ontdek dat die verdagte onregmatig ’n vals verklaring afgelê het deur te sê dat ’n ander persoon die motor bestuur het aangesien hy in ’n ongeluk betrokke was.”

Die verdagte sal na verwagting op 31 Maart voor die landdroshof in Kimberley verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES