Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vrou in hof oor handel in dagga
Fotos verskaf: saps.gov.za

Twee huise in die Dingaan-hostels in Galeshewe in Kimberley is deur polisielede deursoek en dagga ter waarde van meer as R13 000 is op beslag gelê.

Die operasionele bevelvoerder van die Frances Baard polisiegroep, Kolonel Nicholas Mtongana en sy span het ’n 25-jarige vrou in hegtenis geneem en aangekla vir die handel in dagga.

’n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die polisie inligting ontvang het oor dagga wat geberg word op die hostel.

Sowat 632 pakkies dagga met ’n gewig van 8,65kg is gekonfiskeer.

Na verwagting sal die verdagte vandag in die Galeshewe-landdroshof verskyn op ’n klag van dwelmhandel.

Foto verskaf: saps.gov.za
Foto verskaf: saps.gov.za
Foto verskaf: saps.gov.za
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES