Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: Luister: Concordia tiener dood in huis aangetref
'n 16-Jarige tiener is dood in haar ouerhuis op Concordia aangetref. Foto: Jason Milford.

Die Concordia-gemeenskap is in rou nadat ’n 16-jarige tienermeisie vroeër vandag in haar ouerhuis dood aangetref is.

Die polisie het intussen bevestig dat ’n selfdood ondersoek word.

’n Woordvoerder vir die polisie, Adjudant Gerrit Cloete het gesê die tiener is deur haar 12-jarige broer in die slaapkamer ontdek.

“Die broer het by die huis aangekom ná skool en op sy suster se liggaam in die slaapkamer afgekom.”

Cloete het gesê die ma en ouer suster was in die werk toe die 12-jarige die ontdekking gemaak het.

Intussen het die LUR vir maatskaplike dienste in die Noord-Kaap, Martha Bartlett ’n besoek aan die familie afgelê.

Bartlett was op Okiep vir die opening van die nuwe kantore vir maatskaplike dienste op die dorp.

Die LUR sê sy is geruk deur die tiener se dood.

“Toe ek die nuus ontvang, toe moes ek net self ’n besoek aan die familie aflê. Die kantoor is juis vandag geopen om die gemeenskap by te staan in tye van nood. Ons dienste is beskikbaar vir die familie sou hulle dit benodig,” het Bartlett gesê.

Please follow and like us:
News

One thought on “NUUSFLITS: Luister: Concordia tiener dood in huis aangetref

  1. Baie Geluk met die nuwe sateliet Maatskaplike kantoor in Okiep. Ek hoop en vertrou dat diegene wat hulp nodig het van die dienste gebruik sal maak om so gou as moontlik vd nodige hulp voorsien te word. Alle Sterkte aan al die Maatskaplike werkers.. Uitdagings bly maar groot, maar ons bid julle alle Seeninge toe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES