Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Pa op Carnarvon lewenslank gevonnis vir verkragting van eie dogter
Illustrasie foto: Annie Spratt on Unsplash.

‘n 32-Jarige man is verlede Vrydag op 6 Maart in die Carnarvon streekhof skuldig bevind op die verkragting van sy biologiese 11-jarige dogter.

‘n Provinsiale woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba het gesê die man is tot lewenslank gevonnis.

Luidens ‘n verklaring wat deur die polisie uitgereik is, het die man sy dogter herhaaldelik verkrag sedert 2016.

Ramatseba het gesê die 11-jarige meisie is glo deur haar pa gedreig om stil te bly.

“Die slagoffer het haar traumatiese ervaring later by een van haar pa se kollegas aangemeld.”

Volgens Ramatseba is hy is toe later op 25 April 2018 in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES