Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Polisie slaan toe op onwettige smouse en dwelmhandelaars
Foto: saps.gov.za

Die polisie het verlede week op snoepwinkels, waaronder sjebiens, in Warrenton, Hartswater en Pampierstad, toegesak.

Die fokus van die misdaadvoorkoming was om inspeksie te doen en die handel in onwettige goedere, verstryking van voedsel en blikkieskos deur die snoepwinkeleienaars aan te spreek.

Nege (9) snoepwinkels is deursoek en die nakomingsinspeksie is op hulle uitgevoer.

Twee (2) sjebiens is gesluit, drank is gekonfiskeer, en die eienaars is aangekla dat hulle onwettig met drank handel gedryf het.

In ’n ander voorval op Pampierstad, is ’n man in die vroeë twintigerjare is gearresteer en is in besit van Nyaope gevind.

Hy sal na verwagting binnekort voor die landdroshof in Pampierstad verskyn.

Please follow and like us:
Dagboek, News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES