Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gewapende rower op Postmasburg gevang
Foto: saps.co.za

’n Gewapende roofverdagte is in hegtenis geneem ná ’n rooftog op Postmasburg plaasgevind het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die verdagte en sy medepligtiges die eienaar van ’n selfoonwinkel met ’n wapen gedreig en beroof het.

Die vergdagtes het daarin geslaag om vanaf die toneel te vlug met selfone en skootrekenaars.

Tawana sê ondersoeke het die polisie gelei na ’n huis op Postmasburg waar een verdagte weggekruip het.

Die verdagte is in besit van die gesteelde selfone en skootrekenaars gevind. Die vuurwapen wat hy tydens die misdryf gebruik het is ook deur die polisie gekonfiskeer.

Die verdagte sal na verwagting op Maandag 16 Maart voor die Postmasburg-landdroshof verskyn op ‘n klag van sakeroof.

Die polisie is op soek na die verdagtes wat gevlug het.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *