Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vals gerugte oor Coronavirus kan ‘kriminele’ vervolging teweegbring
Illustrasie foto: Bill Oxford on Unsplash

Onbevestigde gerugte oor die Coronavirus – en mense wat lukraak vreemdelinge daarvan beskuldig dat hulle na bewering besmet is, kom neer op haataanvalle.

Dit beteken dat die openbare beskuldiging van ’n persoon, hul mensereg in gedrang bring en dat die verspreiding van vals inligting, kriminele klagtes kan meebring.

Kolonel Mashay Gamieldien,’n senior woordvoerder van die provinsiale polisie, het gesê dat niks in terme van die polisieprotokol sal verander nie.

“As mense klagtes wil indien wat verband hou met Crimen-Injuria, sal ons nie klaers van die hand wys nie,” sê Gamieldien.

“Enige bevestigde sake rakende die COVID-19 Coronavirus sal deur die nasionale minister van gesondheid aangekondig word,” het Lebogang Majaha, woordvoerder van die LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, gesê.

Dit kom nadat ernstige aantygings wyd verspreid was in stemboodskappe wat ‘n Chinese paartjie wat met die virus besmet is, impliseer.

Die stemboodskap wat as ’n ernstige waarskuwing aan inwoners van Namakwa gestuur was, is dus vals.

Majaha het gesê daar is ’n paar gevalle in die provinsie waar vermoed was dat mense onder selfkwarantyn verkeer en al die nodige toetse ondergaan het.

“Al hierdie gevalle het aan die einde van die dag negatief getoets.”

Majaha het weereens daarop gewys dat dit belangrik is dat die publiek moet weet en verstaan ​​dat die Coronavirus ’n pandemie is en dat daar protokolle bestaan.

“Ons sal enige bevestigde saak aan die publiek oordra as ons seker is dat iemand besmet is, in kwarantyn is en die nodige mediese hulp ontvang.”

Hy het gesê dat die publiek word aangeraai om nie vals nuus oor hierdie ernstige pandemie te versprei nie.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *