Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Kriminele wil ‘munt’ uit publiek slaan met COVID-19
illustrasie foto: Jason Milford

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die publiek gewaarsku om nie geldelike ontrekkings te maak as gevolg van die Coronavirus (COVID-19) nie.

Dit kom te midde van vals nuus wat op sosiale media versprei word, met ‘n bedrogspul waarin beweer word dat dit geld van die publiek “herroep”.

“Daar word geglo dat kriminele elemente die huise van lede van die publiek besoek om te sê dat hulle banknote in hul besit moet oorhandig omdat die banknote besmet was met die Coronavirus,” sê die SARB.

Die sentrale bank het gesê dat die misdadige elemente vals SARB-identifikasie het en vals kwitansies verskaf in plaas van die banknote wat “ingevorder” is en wat volgens hulle voorgelê kan word by enige van die banke.

“Die SARB het geen banknote of muntstukke teruggetrek nie, en het geen instruksies uitgereik om banknote of muntstukke wat met die COVID-19-virus besmet is, in te dien nie,” het die SARB in ‘n verklaring gesê.

Die SARB het gesê dat dit onder geen omstandighede werknemers of verteenwoordigers sal stuur om kontant by die publiek in te vorder nie.

“As lede van die publiek genader word deur persone wat voorgee om werknemers of verteenwoordigers van die SARB te wees, om hul kontant in te dien, moet hulle weier en die plaaslike polisie kontak.”

“Daar is tans geen bewyse dat die COVID-19-virus deur die gebruik van banknote en muntstukke oorgedra word nie. Die SARB moedig steeds die publiek aan om basiese higiënepraktyke te volg en hul hande gereeld te was.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *