Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Luister: Bergsig kleuterskool laat vaar balon-gebedjies in die lug oor Coronavirus

Die Wielie Walie Kleuterskool op Bergsig het vanmiddag ’n bidsessie gehou ter afsluiting van die eerste kwartaal.

Gepaard daarmee het die kleuterskool balonne aan sy personeel sowel as kleuters en peuters verskaf om boodskappies en gebede daarop te skryf.

Rosie Louw van die kleuterskool het gesê dat die doel van die inisiatief is om bewusmaking te bevorder en gemeeskappe aan te moedig om geestelik op te tree teen die virus.

Aanvanklik sou alle skole eerskomende Vrydag vir die skoolvakansie gesluit het, maar instansies landwyd het reeds vroeër aksie geneem weens veiligheidsmaatreëls teen die gevreesde Coronavirus.

Alhoewel nog geen gevalle in die Namakwa-distrik aangemeld is nie, het die kleuterskool die inisiatief geneem om die veiligheidsmaatreels te volg en hul laaste dag met ’n bidsessie af te sluit.

Die kleuters het met die hulp van hul toesighouers kort gebedjies op die balonne geskryf en dit in die lug laat opvaar.

Die kleuters was vreeslik entoesiasties en gaan voort om hul handjies te was en die veiligheidsmaatreëls noukeurig te volg.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES