Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Sanitêre produkte verkoop soos ‘soetkoek’ in Namakwa
Bert Mostert, 'n bestuurder by die plaaslike OK Minimark op Okiep moedig klante aan om hul hande skoon te hou. Foto: Jason Milford.

Plaaslike winkels asook kettinggroepe kan nie byhou met die verskaffing van alkoholies-gebasseerde ontsmettings-handvryfmiddels nie.

Dit blyk egter dat Namakwalanders hul kant bring deur gereelde en deeglike higiëniese voorsorgmaatreels toepas om hulself teen die uitbreking van die virus te beskerm.

Dit bring egter uitdagings mee van volgehoue verskaffing van hierdie produkte.

Die knypende tekort kan toegewy word aan die gevreesde Coronavirus-pandemie.

Geen bevestigde gevalle is al in die Noord Kaap en Namakwaland aangemeld nie.

Tot dusver het daar 62 burgers in Suid Afrika positief getoets vir die COVID-19 Coronavirus en dit het die hele land in rep-en-roer.

Bert Mostert, ’n bestuurder by die OK Minimark op Okiep het aan NFM Nuus gesê dat die beskikbaarheid van hierdie produkte tans ’n groot kommer in groothandel supermarkte is.

Mostert sê daar word gereelde bestellings geplaas, alhoewel verskaffers van ontsmettingsprodukte ook kopkrap.

NFM Nuus het met kettingwinkels op Springbok gepraat wat bevestig het dat die meeste van hulle handontsmettingsmiddels en sanitêre produkte uitverkoop is.

Sommige mense het al sover gegaan as om hul eie hand-ontsmettingsmiddel te maak.

Hier volg ’n resep om jou eie middel te maak:

Gebruik 3/4 koppie isopropyl of alkohol (99 persent), 1/4 koppie aloe vera gel (om u hande glad te hou en die hardheid van alkohol teen te werk), 10 druppels eteriese olie, soos laventelolie, of suurlemoensap.

Onthou om gereeld jou hande te was en ’n sosiale distansie tussen jouself en ander te handhaaf.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *