Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gerepatrieerde burgers negatief getoets vir COVID-19
Foto: CDC on Unsplash

Die Minister van Gesonheid, Dr. Zweli Mkhize het verlig aan Suid-Afrikaners aangekondig dat al die burgers van Wuhan wat getoets is vir die COVID-19 Coronavirus,  negatief is.

“Ons hou aan om hulle gedurende die voorgeskrewe periode in kwarantyn te hou en sal daarna die proses begin om hulle weer met die gemeenskap te herenig,” sê Mkhize.

Mkhize het gesê sy departement is daartoe verbind om bykans daagliks ‘n persverklaring uit te reik om die president, die regering en die publiek oor die huidige status van besmette burgers op te dateer.

Tot op hede is daar nog geen positiewe gevalle van die virus in die Noord-Kaap bevestig nie.

Hy het gesê dit is belangrik om daarop te let dat die skepping en verspreiding van valse nuus ‘n kriminele daad is en dat die polisie se prioriteitsmisdaadeenhede (Valke), sulke voorvalle sal ondersoek.

Persone wat hul skuldig maak in die verspreiding van valse nuus kan vervolg word.

“Ons as ‘n plaaslike kommunikasieplatform sal verantwoordelik optree deur die publiek die regte inligting te gee gebaseer op feite en nie gerugte en skinder nie, aangesien dit paniek en wantroue verhoog”, sê Mkhize

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES