Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Man gearresteer vir die verkragting van sy vierjarige seun
Illustrasie foto: Nick Wilkes on Unsplash

Die polisie op Galeshewe het gister ’n 35-jarige man in hegtenis geneem vir die verkragting van sy vierjarige seun.

Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het gesê die voorval het na bewering op 14 Maart reeds plaasgevind.

Die seun het blykbaar op daardie dag besoek by sy pa afgelê.

’n Saak van verkragting is Maandag, 16 Maart by die Galeshewe polisiestasie aangemeld deur die kleuterskool se dagsorgpersoneel.

Die seun het die versorgers vertel wat op daardie dag gebeur het.

Mooi sê die verdagte is tans in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die landroshof op Galeshewe verskyn op ’n aanklag van verkragting.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *