Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Listen Live
Tiener selfmoorde kommerwekkend vir inwoners
Fotos: Niruscha van Neel

Die 15-jarige Berna-Lee van Rooi is verlede Saterdag vanuit die Katolieke kerk op Concordia begrawe.

Dié tiener is op Donderdag 5 Maart deur ‘n jonger broer dood in hul ouerhuis aangetref. Die polisie het ten tye van die voorval bevestig dat ‘n selfdood ondersoek word.

Intussen het die Hoërskool Concordia waaraan sy verbonde was, ook ‘n gedenkdiens gehou. Leerders en onderwysers sal haar onthou vir haar akademiese prestasies asook ‘n uitblinker in sport.

Dié wat haar geken het, sal haar ook onthou vir haar sprankelende persoonlikheid, haar plat ogies en ‘n leerder wat altyd netjies geklee was in haar skool uniform.

Van Rooi se selfdood het egter plaaslike gemeenskappe in kommer gedompel.

Haar selfdood is die vierde opeenvolgende geval in die afgelope vyf jaar.

Inwoners beweer dat tieners op dié dorp nie onder ‘normale’ omstandighede hul eie lewens geneem het nie en dat maatskaplike en sosiale uitdagings daaraan toegeskryf kan word.

“Tieners word deur persone wat as ‘populêr’ op sosiale media beskou word, beïnvloed.”

 

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES