Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vrou steek kerel dood in hewige argument
Illustrasie foto: Lacie Slezak on Unsplash

Op Maandag, 16 Maart het ’n hewige argument tussen ’n paartjie noodlottig geeïndig toe een vermoor was.

Die polisie op Roodepan ondersoek ’n saak van moord nadat ’n 30-jarige man in die voorval omgekom het.

Brigadier Mohale Ramatseba, ’n woordvoerder vir die polisie het bevestig dat die slagoffer se 47-jarige vriendin vir moord ondersoek sal word.

Na bewering het die onderonsie tussen die twee so erg geraak dat die verdagte die slagoffer met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek het.

Die slagoffer is op die toneel deur paramedici, dood verklaar.

Ramatseba het bygevoeg dat die verdagte na verwagting binnekort in die landdroshof op Galeshewe sal verskyn op ’n aanklag van moord.

Die ondersoek duur voort.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *