Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Gru-ongeluk op N14 eis ma en baba-dogtertjie
llustrasie foto: Matthew T Rader on Unsplash

Namakwaland is steeds in skok nadat ‘n 28-jarige ma en haar nege maande oue baba gister in ‘n gru-ongeluk dood is.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het bevestig ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.

“Die ongeluk het omstreeks 20:00 op die N14 tusse4n Springbok en Aggeneys plaasgevind,” het Mooi gesê.

Beide die ma en dogter is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

Mooi het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *