Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Namakwa-taakspan is gerat teen COVID-19
Uitvoerende burgemeester van Namakwa distrik: Mervin Cloete

Die uitvoerende burgemeester van die Namakwa distrik munisipaliteit, Mervin Cloete het aangekondig dat die streek gereed is, sou die COVID-19 pandemie sy kop hiér uitsteek.

Cloete het in ‘n onderhoud aan NFM Nuus gesê dat die distrik in samewerking met alle relevante rolspelers, insluitend die departement van gesondheid werk.

“Ons het ‘n taakspan bestaande uit twee dokters en ander mediese personeel wat afgevaardig is om gevalle te hanteer.”

Die taakspan is ook daar gestel om op ‘n gereelde basis inligting aan die publiek te verskaf.

Grensposte by Alexanderbaai en Onseepkans is alreeds gesluit om te verseker dat die gemeenskappe binne die Namakwa distrik veilig en gesond is.

 

“Ons is dienaars van ons mense sal alles in ons vermoë doen om die belange en gesondheid van ons mense eerste te stel,” het Cloete gesê.

Hy het ook gesê dat munisipaliteite moet toesien dat daar gedurig lopende en skoon water beskikbaar is in munisipale areas.

In Namakwa is daar ‘n skaarste van water maar voorsiening sal gemaak word vir areas waar daar ’n skaarste is.

Cloete doen ook ‘n ernstige beroep op alle inwoners van die distrik om saam met die munisipalitiet te werk om hierdie inisiatief van stapel te stuur deur die nodige riglyne te volg wat voorgeskryf:

  • Was jou hande gereeld nadat jy gehoes of genies het
  • Voor, gedurende en nadat jy kos voorberei het
  • Voor jy eet
  • Nadat jy die toilet gebruik het
  • Wanneer jou hande sigbaar vuil is
  • Nadat jy diere of diere afval behandel het
  • Vermy naby kontak
  • Groet mekaar met elmboë of voete

 

 

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES