Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

NUUSFLITS: COVID-19 gevalle styg in SA
Illustrasie foto: 🇨🇭 Claudio Schwarz | @purzlbaum on Unsplash

Die regering het vanmiddag aangekondig dat 34 nuwe gevalle van die COVID-19 Coronavirus aangeteken is.

Dit bring die totaal na ‘n 150 gevalle.

Een persoon het ten volle herstel en is negatief getoets en kan terugkeer huistoe.

Geen sterftes is nog aangeteken nie.

Die verdeling per provinsie van totale infeksies is soos volg:

Gauteng: 61

Wes-Kaap: 31

KwaZulu-Natal: 19

Mpumalanga: 4

Limpopo: 1

Sowat 14 van die 31 gevalle is nou as plaaslike oordrag bevestig.

Die nasionale departement van gesondheid sal nou resultate bekend maak soos wat dit verskaf word, aangesien dit deur beide private en openbare laboratoriums ingedien word.

In gevalle waar die departement bevestigingstoetse in verskillende resultate lewer, sal die publiek behoorlik daarvan in kennis gestel word.

TOETSRESULTATE VAN BURGERS WAT VAN WUHAN GEREPATREER IS:

Al die burgers van Wuhan is getoets en hul resultate was negatief vir COVID-19.

Hulle sal vir die voorgeskrewe periode in kwarantyn gehou word en daarna met die gemeenskap herenig word.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *