Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Herfsskool afgestel #COVID-19
Department of Education: Foto verskaf

Die department van onderwys in die Namakwa distrik het die jaarlikse herfsskool afgestel in die lig van die Coronavirus-pandemie.

Alle skole sal egter voorsien word van die herfsskoolmateriaal.

Leonard Losper, kirikulumkoördineerder van die Namakwa distrikskantoor het die matriek leerders versoek om die materiaal by hul onderskeie dienspunte te gaan afhaal en die tyd produktief  te gebruik om deur die notas te werk.

Die department van onderwys versoek die ouers om toe te sien dat hul kinders deur die notas sal werk.

Matrikulante word versoek om self-disipline toe te pas veral in die lig waar ouers deur die dag werksaam is.

Leerlinge word aangemoedig om die tyd produktief te gebruik en by die huis te bly om die skool materiaal te geniet en so min as moontlik tyd aan sosiale media te spandeer.

Die onderwysdepartement bied die leerlinge ondersteuning in die vorm van vak-adviseurs om hoër punte in die Nasionale senior sertifikaat-eksamen kan behaal.

Vak-adviseurs in die verkeie vakke kan gekontak word vir bystand en duidelikheid rondom ‘n vak versoek word:

  1. R. Barbery: Rekeningkunde – 066 171 4689
  2. R. Newan: Afrikaans HL – 066 519 2931
  3. Soudens: Fisiese Wetenskap – 066 519 3772
  4. J. Baker: Geografie – 066 486 0019
  5. Cloete: Lewens Wetenskap – 083 948 6094
  6. F. E. van Rooi: Besigheids Studies – 066 486 0011
  7. M. F. Williams: Wiskunde Geletterdheid – 072 330 1363
  8. N. Cloete: Engels FAL – 082 866 8932
  9. A. Jordaan: Wiskunde – 082 321 1637
Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES