Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vermiste Oudeman se liggaam gevind
Gert Watt (Oudeman): Foto verskaf

Die 57-jarige Gert Watt (Oudeman) wat vir bykans 45-dae vermis was, se liggaam is gister deur sy familie gevind.

Volgens die familie is sy liggaam by ‘n leë watertenk langs ‘n pad gevind.

“Die pad lei na die hoofroete waar hy seker sou ryloop om by die huis uit te kom,” het die familielid aan Radio NFM Nuus gesê.

Daar kon egter nie bevestig word vir hoelank Oudeman daar gelê het nie.

Oudeman se broer, Vlekkie Watt het gesê alle hulpbronne is ingespan om na sy broer te soek.

“Ons moes ons broer opspoor.

Die familie kon nie met hul lewens aangaan voordat ons nie weet wat met Oudeman gebeur het nie.”

Watt sê die omstandighede waarin die familie hulsef huidiglik bevind, is een waar almal kopkrap.

“Ons weet nie waar om hulp te vra nie.

Ons wil graag van mense hoor wat ons dalk kan bystaan met enige bydraes.”

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *