Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Vyf verdagtes in hof op Upington vir verskeie misdade

Die polisie het suksesse opgelewer nadat vyf verdagtes gister in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem is vir die verkwanseling van vervalste goedere, dagga en dwelms in die Noord-Kaap.

Die polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê in een voorval is ‘n verdagte in hegtenis geneem vir vervalste goedere ter waarde van minstens R300 000 by ‘n plaaslike winkel op Kakamas.

Hy sê die vervalste goedere sluit in onwettige medikasie, lyfroom, sigarette en tabak. Al die items is gekonfiskeer.

Intussen is twee mans van 24 en 28 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van dwelmmiddels ter waarde van R65 000 by hul huis op Paballelo.

‘n 31-Jarige man is in hegtenis geneem weens die beweerde handel in dagga.

Tawana sê hy is in sy snoepwinkel op dieselfde dorpie met dagga ter waarde van R12 387 gevind.

Hy voeg by dat ‘n 22-jarige verdagte in ‘n ander voorval gearresteer is nadat hy in besit van Mandrax-tablette en kontant gevind is.

Daar word vermoed dat die kontant gegenereer is deur middel van

  • Foto: Verskaf

Al die vyf verdagtes sal na verwagting vandag in die Upington-landdroshof verskyn.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *