Radio NFM Nuus

Die betroubare stem van die Namakwa mense

Twee COVID-19 gevalle vir Noord-Kaap bevestig
Illustrasie foto:Viktor Forgacs on Unsplash

Die eerste twee gevalle is vroeër vandag in die Noord-Kaap deur die minister van gesondheid, Zweli Mkhize aangekondig.

Sedert gister is 128 nuwe gevalle in Suid-Afrika bevestig wat die huidige totaal op 402 bring.

Die Noord-Kaap en Noordwes provinsies was die laaste twee oorblywende provinsies wat nou deur die COVID-19 Coronavirus geraak word.

President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die impak van die virus asook maatreëls wat in plek gestel moet word.

Ramaphosa het die uitbraak vroeër as ‘n noodramp in die land verklaar toe bevestigde gevalle van die Coronavirus reeds toename begin toon het.

Die verdeling per provinsie van totale infeksies is soos volg:

Oos-Kaap (2)

Vrystaat (13)

Gauteng (207)

KwaZulu-Natal (60)

Limpopo (4)

Mpumalanga (9)

Wes-Kaap (100)

Noordwes (4)

Noord-Kaap (2)

Onbekend (1)

Mkhize het in sy verklaring gesê dat die “onbekende” geval geen kommer hoef te wek nie.

“Daar is gebiede wat as onbekend gelys word. Dit is inligting wat die nasionale instituut vir oordraagbare siektes steeds versamel en verifieer. Daarna sal die grafieke dienooreenkomstig opgedateer word. Ons prioriteit is dat provinsies in kennis gestel moet word van gevalle wat onlangs bevestig is, sodat onmiddellike kontak met hierdie nuwe pasiënte gemaak kan word en te verseker dat kontakopsporing begin,” Mkhize gesê.

Please follow and like us:
News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Live Updates COVID-19 CASES